English | Afrikaans | Nederlands | Deutsch

 

Die Agterplaas is geleë in twee ouwêreldse huise aan die voet van die historiese Melville Koppies. Die uitsig, rustige atmosfeer en voëllewe laat besoekers spoedig vergeet dat hulle hulself in die besigste stad in Suid-Afrika bevind. Tog is hulle net 'n klipgooi van Melville se gewilde boetieks, boekwinkels, koffiekroeë en nagklubs af. (Dit is TV se 7de Laan). Ons is ongeveer 3 kilometer geleë van Johannesburg Universiteit en 7 kilometer van Wits.


Die Agterplaas B&B in Melville Johannesburg, vier sy 10de verjaardag op 1 April 2009 – geen grap nie! Oor die laaste 10 jaar het gaste van oor die hele węreld ons besoek en ons kenmerkende Suid- Afrikaanse gasvryheid geniet in die rustigheid van ons omgewing wat uitkyk oor die beroemde Melville Koppies. Die Agterplaas bied aan sy gaste 13 en suite kamers nl. enkel-, dubbel- of twee-bed eenhede. Daar is ook 'n ruim kothuis met die nodige selfversorgings-fasiliteite, wat gewoonlik beskikbaar gestel word vir gaste wat vir 'n langer tydperk by ons wil vertoef. Al die eenhede is toegerus met 'n waaier, verwarmer, TV, 'n kroegyskassie, komplimentêre internet-aansluiting (25 MB per dag), koffie/tee fasiliteite, met komplimentêre vrugtesap en koeldrank. Toesluit motorhuise is gratis beskikbaar. Ons gastehuis is nou 'n Wi-Fi Hotspot. ADSL toegang kan op 'n skootrekenaar verkry word met behulp van`n kredietkaart.



'n Verskeidenheid ontbyte word bedien in die ruim eetkamer met sy outentieke Oregon greinhoutvloere en hoë staalplafonne. Ons bied ook beperkte informele konferensie-fasiliteite.

Vervoer na die lughawe is beskikbaar teen `n billike tarrief.


DRIE-STER GEGRADEERDE GASTEHUIS
BED EN BREKFIS GASTEHUIS-STYL.

Eienaar: Jannie du Toit
Bestuurder: Santa Breedt
Hoof-Spyseniering: Badia Isaacs
Hoof-Huishouding: Riëtte van Zyl
Hoof: Ontvangs: Richard Thulo
Linneversorging: Tilly Hlalethwa
Konsultant: Lochner de Kock

• Tariewe vir langer periodes is onderhandelbaar

Kontak ons asb. nou vir verdere inligting...