BESPREEK HIER
Agterlass BnB Guesthouse

Agterplaas BnB Gastehuis

Inligting oor Agterplaas BnB Gastehuis

Sedert 1999 het gaste van oral oor die wêreld ons besoek en eg Suid-Afrikaanse gasvreiheid hier geniet. Agterlass beskik oor 14 kamers wat as Enkel, Dubbel of Twin eenhede beskikbaar gestel kan word. Sommige beskik ook oor 'n Slaapbank vir 'n derde persoon.
Vir langtermyn gaste kan ons ook 'n kothuis met self-sorg geriewe aanbied.
Agterplaas beskik ook oor 4 Ekonomiese kamers, effens kleiner as die ander en almal kyk nie uit oor die Mellville koppies nie.
Al die eenhede beskik oor lugversorging, waaiers, verwarmers, TV, 'n Kroegyskas gevul met komplimentêre sap en koeldrank, asook gratis Wi-Fi.
'n Volle Ontbyt (Engels / Vegetaries / Kontinentaal) word aangebied, ingesluit in kamer tarief.
Veilige parkering is beskikbaar teen geen ekstra koste.

BELANGRIKE INLIGTING OM VAN KENNIS TE NEEM VOOR U BESOEK

Ons bedien 'n heerlike ontbyt met wye verskeidenheid in ons groot eetkamer met outentieke Oregon Pine vloere en gedrukte staal plafonne.

Beperkte informele vergader/konferensie fasiliteiete is beskikbaar.

Vervoer na/van Lughawens kan gereel word teen redelike pryse.

Aankoms: Kamers is beskikbaar vanaf 14h00

Vertrek:  Kamers moet ontruim word teen 11h00

Ontbyt beskikbaar om: (nie ingesluit by kamer tarief)
-  Maandag tot Vrydag: 06h00 – 10h00
-  Saterdag en Sondag: 06h00 – 11h00

Gratis Koeldrank  asook Koffie en Tee is in die kamer beskikbaar.

Aandetes kan by die ontvangstoonbank gereel word voor 08h00 op die dag wat dit verlang word.

Ons beskik oor Wi-Fi wat gratis aan gaste beskikbaar gestel word.

Ons beskik oor wassery geriewe by Agterplaas BnB Gastehuis. Bespreek dit asseblief vooruit.

Rook word beperk tot tot die stoepe of buite. Indien u rook, versoek 'n stoepkamer vir u gerief.

KAART

KONTAK ONS

Kantoor Ure: 06h00 – 21h00
6e Laan 66, Melville, Johannesburg
Tel: +27 11 726 6969/8452
Tel: +27 82 902 5799
Fax: +27 866 168 456
agterplaas@agterplaas.co.za

@ Agterplaas BnB Gastehuis - Alle regte voorbehou.

thewebman.co.za